Dudula kom onwettig vandag bymekaar, SAPS is gereed

Alle oë is vandag op eThekwini in Suid-Afrika waar lede van Operasie Dudula ‘n onwettige byeenkoms beplan om glo sy eerste tak in KwaZulu-Natal te stig. Die groep het begin met die verwydering van immigrante in en rondom sommige dele van Joahnnesburg, Alexandra en Soweto. Dit volg na gister se teen-xenofobie betoging. Dudula se leier Nhlanhla Lux Dlamini word aangehou na hy Donderdag in hegtenis geneem is vir die beweerde betreding van die huis van ‘n EFF-lid Victor Ramerafe in Soweto. ‘n Polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê hulle is gereed op vinnig op te tree: