Dudu se vonnis is regverdig

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê die vonnis van die beleërde voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, is regverdig. Die gesag het die skuldigbevinding verwelkom nadat Myeni skuldig gepleit het aan regsverydeling omdat sy ‘n beskermde getuie, Mnr X, se naam voor die staatskapingskommissie genoem het. Sy is ‘n boete van 120 000 Suid-Afrikaanse rand opgelê, waarvan die helfte opgeskort is, of twee-jaar tronkstraf. Woordvoerder Phindi Mjonondwana sê die gesag is bly die hof het volgens sy aanbeveling gevonnis: