Cirrus pas groeivooruitsigte vir ’23 & ’24 opwaarts aan

Cirrus in die hoofstad het ‘n nuwe verslag oor groeivooruitsigte vir Namibië bekend gestel. Die makelaarsfirma sê sy vooruitsigte van 3 persent se groei bly grootliks onveranderd maar, verwagtinge vir 2023 en 2024 is opwaarts aangepas. Groei oor die komende twee jare sal deur die primêre nywerhede aangedryf word en daar word verwag dat diamante die grootste deel van die groei sal dra sowel as verbeterde goud- en uraanproduksie. Verskeie ekonomiese sektore toon sterk tekens van herstel, soos toerisme. Die maatskappy voeg by dat sekondêre sektore steeds sukkel.