Druppels, sproei – albei sal Covid-entstowwe wees

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy sien uit na die tweede generasie Covid-entstowwe wat moontlik ‘n die vorm van ‘n neussproei of druppels soos in die geval van polio. Volgens die WGO se hoof wetenskaplike Soumya Swaminathan sê tot op hede is daar 129 entstowwe wat tans in kliniese proewe is terwyl 194 tans ontwikkel word. Sy sê dit sluit alle vorms van tegnologieë in. In haar mening sal ‘n neussproei of druppels uitstekend werk omdat dit makliker is om toe te dien en dit kan ook self toegedien word.