Nuwe prostaat-prosedure in SA ontwerp

’n Revolusionêre prosedure om manlike urinêre probleme te verlig wat verlede week vir die eerste keer suksesvol in Suid-Afrika deur ’n span van die Universiteit Stellenbosch en die Tygerberg Akademiese Hospitaal uitgevoer is, bied hoop aan die groot persentasie mans ouer as 40 wat ly aan nie-kwaadaardige prostaathiperplasie. Dr. Pieter Spies, ‘n uroloog van die universiteit, sê die nie-chirurgiese prosedure duur minder as tien minute en het geen seksuele newe-effekte nie.