Druk op Springbokke om hul rekord in Australië te verbeter

Rugby: Die Springbokke se prestasierekord in Australië is verbasend swak aangesien hulle sedert 2013 nie een oorwinning behaal het nie. Suid-Afrika is op soek na bestendigheid ná ‘n gemengde reeks uitslae tuis vanjaar teen Wallis en Nieu-Seeland waarin hul drie toetse gewen en twee verloor het. Die Bokke sal die Wallabies vir die eerste keer ooit op die Adelaide Oval pak, en die veteraan veelsydige agterspeler Frans Steyn beskou dit as ‘n geleentheid.