Oxfam SA met regstappe gedreig

Landelike rolspelers van Oxfam Suid-Afrika dreig met regstappe teen die nie-regeringsorganisasie. Die organisasie word beskuldig dat hy nie aandag gee aan vennote en belanghebbers se griewe nie. Die rolspelers sê die nuwe uitvoerende direkteur, Lebogang Ramafoko, en die raad weerhou programme en viktimiseer personeel. Ramafoko is ook beskuldig dat sy ‘n bestuurder teen ‘n jaarlikse salaris van 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand aangestel het sonder om die regte proses te volg. Die ontevrede rolspelers is vasbeslote om Oxfam se bedrywighede te ontwrig totdat hulle griewe opgelos en ‘n ooreenkoms onderteken is.