Droogtehulp Namibië wil graag diegene in nood tydens Kersfees help

Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië sê hulle het begin met hul Kersfees-veldtog waar hulle items insamel vir diegene in nood. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het met ‘n liefde-blikkie-projek begin, maar hulle het nie veel skenkings ontvang nie. Sy sê diegene wat ‘n verskil wil maak, kan haar steeds kontak.