EFF sê ANC laat mense in die steek met grondhervorming

Die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu, sê hulle glo die ANC laat mense in die steek wat grondhervorming betref. Die verslag van die ad hoc-komitee oor Artikel 25 van die Grondwet word vandag deur die Nasionale Vergadering oorweeg. Parlementslede sal stem of ‘n wet deurgevoer moet word wat onteiening sonder vergoeding toelaat. Shivambu het gesê hulle sal nooit ‘n wysiging ondersteun wat nie alle grond in die staat se hande plaas nie.