Kenner gee raad om sprinkane te beveg

Daar is steeds vrese vir sprinkane in sekere boederygebiede van Namibië, veral as gesien word hoe sprinkane gewasse vernietig. In die Suide is swerms sprinkane gerapporteer wat die weiding opvreet en boere doen hul bes om van die sprinkane ontslae te raak. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner, deel ‘n paar wenke met Kosmos 94.1 hoe van sprinkane ontslae te raak as hulle nog klein is.