Droogtegeteisterde Karoo kry reën

Wydverspreide reën het sedert verlede week in groot dele van Suid-Afrika geval en verligting vir baie boere gebring. Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê berigte van goeie reën is uit verskeie dele van die droogtegeteisterde Karoo ontvang, onder meer Pofadder, Calvinia in die Hantam, Beaufort-Wes, Victoria-Wes, Loeriesfontein en Prieska. Meyer sê ‘n gemiddeld van 30 tot 40 millimeter neerslag is op plase in die Williston-distrik gemeet.