SA kan gaping in kiwi-mark in Europa vul

Suid-Afrika het ‘n besondere geleentheid om die Europese Unie aan die einde van Februarie tot in Maart van kiwivrugte te voorsien voordat vrugte uit Chili en Nieu-Seeland op die mark kom. Dit is die mening van die Produkte-bemarkingsvereniging, Liane Jones. Sy het tydens ‘n Beanstalk-webinaar oor die Suid-Afrikaanse kiwibedryf gesê dis ‘n mark wat wag vir Suid-Afrikaanse produsente. Jones glo kiwivrugte uit Suid-Afrika hou genoeg belofte in dat ‘n nasionale handelsmerk daarvoor ontwikkel kan word. Daar is tans tussen 300 en 400 hektaar kiwivrugbome in Suid-Afrika.