Caster faal in haar poging om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele

Atletiek: Caster Semenya van Suid-Afrika het gefaal in ‘n poging om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Sy het die 5 000 meter by die Newton Classic-byeenkoms in Kings-park, Durban, te stadig begin. ‘n Sterk wind het haar ook gepla en sy was meer as 30-sekondes te stadig. Semenya se tyd van 15-minute, 32,15-sekondes was steeds met 20-sekondes haar persoonlike beste tyd. Sy het ‘n maand oor om die vereiste tyd van 15-minute en tien sekondes te behaal voor die kans om te kwalifiseer op 29 Junie eindig.