SAKP, Hani-familie nader Afrika-kommissie oor Walus

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Hani-gesin gaan die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkereg nader oor die parool-vrylating van Janusz Walus. Die Konstitusionele Hof het Vrydag hul aansoek om hersiening van die bevel om Walus vry te laat, van die hand gewys. Die SAKP-woordvoerder, Alex Mashigo, sê hulle wil ‘n volledige doods-ondersoek na die sluipmoord op Chris Hani hê. Hy sê hulle gaan voort met hul beplande 135-dae massa-aksie wat sal eindig met die 30ste herdenking van Hani se sluipmoord.