DRK premier beskuldig van US$140m se diefstal

Die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo Matata Ponyo Mapon is vrygelaat van huisarres na hy ingestem het om vrae oor beweerde ongerymdhede te beantwoord. Aanklaers in die land beskuldig Matata van die diefstal van 140 miljoen Amerikaanse dollar terwyl hy as minister van finansies in die land gedien het. Hy ontken al die klagtes teen hom.