Onluste: dieretuine het kos nodig

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal vra skenkings om diere by die plaaslike dieretuin en voëlpark te voer. Volgens berigte het die Mitchellpark-dieretuin en Umgenirivier-voëlpark nog net vir ‘n paar dae kos. Die dae lange onluste het daartoe gelei dat beperkte voorraad deur die metro kon beweeg terwyl brandstoftekorte ook ondervind word. Die stad doen nou ‘n beroep op die publiek om bederfbare kos soos vrugte en groente te skenk om die diere te voer.