DRK betaal uiteindelik sy kwota

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het uiteindelik die 86 miljoen Namibiese dollar vir die 27 300 metrieke ton gevriesde maasbanker betaal. Die sperdatum was 30 September en tegnies moes die land die kwota verloor het. Die ministerie het kritiek uitgelok omdat hy die DRK grasie gegee het, terwyl plaaslike maatskappye nie die voordeel geniet nie. Kenners bevraagteken die toekenning van die kwota wat op 31 Desember sluit. Dit beteken die land moet 11 000 ton maandeliks vang en meeste vaartuie het ‘n kapasiteit van ongeveer 2 200 ton ‘n maand.