Aardvark oorleef, vrygelaat

Die rehabilitasie-span van ‘n reservaat in Limpopo sê ‘n ernstig beseerde wyfie-aardvark, Venus, word gemonitor sedert sy suksesvol in die natuur vrygelaat is. Emma de Jager, die projekbestuurder van Umoya Khulula Natuurlewe-sentrum, sê Venus is met baie liefde en sorg rehabiliteer en hulle is trots op haar. Hulle weet sy gaan goed aard en ‘n gelukkige, vry lewe hê. De Jager het Diereredding Internasionaal bedank vir hulle hulp met fondsinsameling vir haar rehabilitasie en vrylating: