Dringende hofaansoek van opposisiepartye van die rol geskrap

Die Popular Democratic Movement het saam met ander opposisiepartye die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie vandag in die hof teengestaan. Die politieke partye het die speaker, professor Peter Katjavivi, gedagvaar oor die prosesse wat aangewend is om Noa en sy adjunk, Erna van der Merwe, weer by die Teenkorrupsie-kommissie vir die volgende vyf jaar aan te stel. PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Regter Collins Parker het die opposisiepartye se dringende hofaansoek van die rol geskrap.