Gratis toegang by Wes-Kaapse museums as jy ingeënt is

Mense in die Wes-Kaap wat gedeeltelik of ten volle ingeënt is, sal in September gratis by sekere museums mag ingaan. Dit sluit die Beaufort-Wes, Montagu, Wellington en Worcester museums in, asook heelwat ander regoor die provinsie. Die LUR vir kulturele sake, Anroux Marais, sê die veldtog is deel van die Wes-Kaap se Erfenismaand-vieringe.