Twee dood toe hoofweg in Mississippi ineenstort na Orkaan Ida

Minstens twee mense is dood en talle beseer toe ‘n hoofweg in Mississippi, Amerika, ingestort het in die nasleep van Orkaan Ida. Owerhede in dié suidelike staat vermoed die tragedie is veroorsaak nadat motoriste nie die skade aan die pad kon sien wat deur swaar reën veroorsaak is nie. Sewe voertuie het in die gat op Hoofweg 26 beland. Volgens berigte is die gat tussen 15 en 18 meter lank en ses tot nege meter diep. Amerika se Nasionale Weerdiens sê sowat 20 sentimeter reën is tydens die storm in die gebied gemeet.