Drikus Coetzee eerste oor wenstreep van The Munga

Namibiese bergfietsryer Drikus Coetzee is eerste oor die wenstreep van  in The Munga-bergfietswedren in Suid-Afrika in ‘n rekordtyd van 21 uur en 47 minute. Die moordende bergfietswedren van 514 kilometer in die omgewing van die Wieg van die Mensdom naby Johannesburg het Vrydag afgeskop en ryers het 50 ure tyd om dit te voltooi. Suid-Afrikaners Hansie Joubert en Gert Fouche is onderskeidelik tweede en derde.