Tanzaniese dokter sterf aan Ebola in Uganda

’n Tanzaniese dokter wat in Uganda werk, is die eerste gesondheidswerker wat in die jongste Ebola-uitbreking in die land dood is. Uganda se minister van gesondheid, Jane Ruth Aceng het getwiet dat die ministerie die 37 jarige dr. Mohammed Ali, ‘n Tanzaniese burger, verloor het. Sy sê Ali het op 26 September positief getoets vir Ebola en is dood terwyl hy behandeling ontvang het in ‘n hospitaal in Fort Portal, ‘n dorp sowat 300 kilometer wes van die hoofstad Kampala. Daar is geen entstof vir die Soedan-variant van Ebola in Uganda nie.