Stad Windhoek soek regsadvies oor Ongos Valley se eie krag

Stad Windhoek gaan regsmening inwin nadat die minister van myne en energie, Tom Alweendo, goedkeuring aan Ongos Valley Development gegee het om ‘n elektrisiteit-verspreidingsmaatskappy in sy behuisings-ontwikkeling aan die buitewyke van Windhoek te bedryf. Die munisipaliteit voer volgens berigte aan die goedkeuring wat deur die minister verleen is, sal finansiële implikasies vir die raad hê. Dit sal glo ook ‘n presedent skep aangesien dit voorheen soortgelyke versoeke van behuisings-ontwikkelingsmaatskappye ontvang het om hul eie elektrisiteits-infrastruktuur te bedryf, wat afgekeur is. Die raad sê hoewel die besluit in ooreenstemming is met die elektrisiteitswet, is dit sonder enige konsultasie geneem, en die raad se besware aan die Elektrisiteits-beheerraad is ook nie in ag geneem nie.