Vermeende aanrander van meisie bly in aanhouding

Die vermeende aanrander van ‘n 12-jarige meisie in Windhoek, die 39-jarige Maria Johannes, het vandag in die Katurura-landdroshof in Windhoek verskyn. Sy is borgtog geweier en haar saak is tot 27 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die saak spruit uit die meisie wat in ‘n hospitaal opgeneem is nadat sy verwaarloos en met ‘n bottel oor die kop geslaan is. Haar ma het haar glo in die sorg van haar vriendin, die beskuldigde gelos, omdat die ma reeds sukkel vir haar vyf ander kinders te sorg.