AfroBarometer: Sommiges is vryer as ander

‘n Navorser by die by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het gereageer op die Ghana-gebaseerde AfroBarometer-verslag, ‘n opname oor demokrasie, regering en lewenskwaliteit. Volgens die verslag ervaar meer as 80 persent Namibiërs vryheid van uitdrukking, 90 persent voel vry om by enige politieke party van hul keuse aan te sluit of in ‘n verkiesing te stem sonder om enige druk te ervaar. Navorser Frederico Links sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit goed is om vry te voel, maar daar is diegene wat vryer is as ander. Links verwys na die gay gemeenskap in Namibië.