Drie verdagtes in twee SA provinsies vir bedrog, korrupsie vasgetrek

Nog drie verdagtes van tussen 22 en 50 jaar oud is in Gqeberha in die Oos-Kaap en in Pretoria in hegtenis geneem in verband met bedrog en korrupsie. Die Valke in Bloemfontein het inligting ontvang dat ‘n beskuldigde, Tlali Letaba, onwettige padwaardigheid-sertifikate vir voertuie uitgereik het saam met ondersoekers by toetsstasies in die Oos-Kaap. Christopher Singo van die Valke sê Letaba het na bewering die sertifikate uitgereik sonder dat die voertuie nagegaan is.