Drie vas vir onwettige handel in wildlewe produkte

Twee Angolese burgers is oor die naweek op Otjiwarongo vasgetrek in besit van ‘n ietermagô-vel. Dit is die tweede voorval van onwettige handel in wildlewe produkte die afgelope naweek na ‘n 31-jarige man naby Rundu by die Buffalo-padblokkade met twee olifanttande gevang is. In daardie geval was die arrestasie deel van ‘n spesiale operasie. Die mag sê dat die ondersoek in albei gevalle voortduur en dat die verdagtes vandag op Otjiwarongo en Rundu in die laerhof sal verskyn.