NamRA sal, en kan, skuld direk van jou salaris aftrek

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA gaan gebuk onder kritiek oor stappe wat hy geneem het om uitstaande belasting in die 104 miljoen Namibiese dollar se bedrogspul, in te win. Die agentskap trek die fondse direk van skuldiges se salarisse af sonder enige kennisgewing of, ‘n hofbevel. Luidens die huidige wetgewing, tree NamRA binne die wet op en het nie nodig om ‘n belastingbetaler in te lig oor enige aftrekkings nie. Ongeveer 800 werknemers by meer as 40 instansies was volgens berigte betrokke by die bedrogspul waar aftrekkings in belasting gedoen is sonder enige bewyse van die uitgawes. Volgens die agentskap is talle betrokkenes sogenaamde naweekboere of het ander bronne van inkomste. NamRA sê tot dusver is 48 kriminele sake by die Namibiese polisie aanhangig gemaak.