Beurtkrag bied geleentheid aan opposisie in SA – kenner

Suid-Afrika se energiekrisis en prysstygings gee die land se politieke partye ‘n geleentheid om te mobiliseer. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die land loop tans onbepaald deur onder fase ses-beurtkrag terwyl die energiereguleerder verlede week ‘n verhoging van meer as 18 persent in die elektrisiteitsprys goedgekeur het. Silke sê die sakesektor moet die regering aanvat oor die energiekrisis, wat meer as ‘n dekade gelede al opgelos kon wees: