Vloede in Londen

Stortreën het gelei tot ernstige oorstromings van huise, paaie en stasies in Engeland. Die noodeenhede van Oos-Londen se Whipps Cross en Newham-hospitale is oorstroom en die hospitale het pasiënte na ander hospitale vir noodsorg verwys. Die Londense brandweer sê 300 vloedverwante oproepe is Sondag in net ‘n paar uur hanteer. Die meteoroloog Steven Keates van die Met-kantoor sê die storms word veroorsaak deur die samevloeiing van lugstrome, omdat die hitte in die aarde se oppervlak ná die onlangse hittegolf, opbeweeg in die koeler lug van die atmosfeer.