Drie vas nadat hulle glo ambassadeur se selfoon steel

Drie Namibiese mans is in hegtenis geneem na hulle glo die ambassadeur van Bulgarye, Maria Kaymatechieva se selfoon Donderdagaand by ‘n koffiekroeg in ‘n Windhoekse hotel gesteel het. Volgens die Namibiese polisie het een van die verdagtes haar aandag afgetrek en haar selfoon gesteel. Sy identiteit is op kringtelevisiekameras vasgevang. Op-en-wakker polisiebeamptes het die verdagte vanoggend by Windhoekse hoërhof herken. Hy is ingebring vir ondervraging waarna die selfoon van die ambassadeur in sy besit gevind is. Die verdagte en sy twee makkers is in hegtenis geneem.