Nabta bied opleiding aan bus- en taxibestuurders

Die feestyd is om die draai en die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, is hard aan die werk om te verseker dat reisigers hul onderskeie bestemmings veilig en betyds bereik. Volgens die vereniging se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo, begin Nabta om opleiding aan bus- en taxibestuurders te bied. Die twee daagse opleiding sluit in verdedigende bestuursvaardighede, noodhulp en kliëntediens. Die opleiding word aan groepe van tot 20 bestuurders op ‘n slag aangebied. Die eerste opleidingsessies het in Windhoek en Ongwediva plaasgevind en die kus en die Suide is volgende aan die beurt. Nakathingo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.