BMW se elektriese voertuigvervaardiging in SA plaaslik verwelkom

Die aankondiging dat BMW Suid-Afrika oor die volgende vyf jaar 4,2 miljard Suid-Afrikaanse rand sal belê in Pretoria, om ‘n nuwe generasie X3-sport-en aksievoertuig te bou, wat ook ‘n inprop-hibriede elektriese voertuig sal insluit, word plaaslik verwelkom. Die maatskappy sê die X3 sal die eerste elektriese model wees wat deur BMW in Suid-Afrika vervaardig word en sal eksklusief in Suid-Afrika vir die wêreld vervaardig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk, van Electric Vehicles Namibia, gesels.