Drie Suid-Afrikaners op Engelse Premierskap-toekennings kortlys

Rugby: Drie Suid-Afrikaners is op die kortlys vir Engeland se Premierskap-toekennings wat vanaand in Londen aangekondig word. Die voormalige Leeus-agterspeler, Tyrone Green, wat vir die Harlequins speel, en Bristol Bears se voormalige Haaie- en Cheetahs-speler, Benhard Janse van Rensburg, is albei benoem vir die beste drie van die seisoen. Bath se voormalige Springbok- en Bulle-hulpafrigter, Johann van Graan, is op die kortlys vir direkteur van rugby. Die spelers wat vir die speler van die seisoen benoem is, is Courtney Lawes, Finn Russel, Henry Slade en Fin Smith.