Auas Motors borg veiling-voertuig ‘vir die kinders’

Windhoek Hoërskool gaan ‘n splinternuwe Suzuki S-Presso-voertuig kry om op te veil, nadat Auas Motors die voertuig geborg het. Die veiling is ten bate van die skool se netbalbane, wat instandhouding nodig het. Die veiling is geskeduleer vir 1 Augustus. Die blou S-Presso is nou in Windhoek en sal môre middag om 3-uur by Windhoek Hoër se Vegkop-stadion oorhandig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gerhard Vermeulen, die besturende direkteur van Auas Motors, wat verduidelik waaroor dit gaan.