Rusland gee ses Oekraïnse kinders terug aan hul gesinne

Rusland het ses kinders wat weens die konflik in Oekraïne ontwortel is, aan hul gesinne terugbesorg in ‘n ooreenkoms wat Katar bemiddel het. Oekraïne glo Rusland het meer as 19 000 van sy kinders onwettig geneem sedert die begin van sy aanvalle in 2022. Minder as 400 is terugbesorg. Rusland se staatsbeheerde nuusagentskap berig die kinders, ‘n groep seuns van ses- tot 17-jaar-oud, wat twee broers insluit, is tydens ‘n geleentheid by die Katari-ambassade in Moskou met hul gesinne herenig.