Drie nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie nuwe Covid-gevalle uit 810 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,4 persent verteenwoordig. In die groep is een gesondheidswerker. Daar is nou 140 aktiewe gevalle, waarvan slegs 15 mense in hospitale is en twee in intensiewesorgeenhede. Altesaam 279 765 mense is ten volle ingeënt. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, gee die jongste syfers.