Pres. Geingob kan nie tenders kanselleer

Namibiese President Hage Geingob sê nie hy as staatshoof of bestuurslede van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië kan die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar kanselleer nie. Geingob sê hy het nie die bevoegdheid om tenders aan te vra of te evalueer, toekennings te maak en, in omstrede gevalle, die verkrygingsproses te kanselleer nie. Hy sê  die Verkrygingsraad is die liggaam wat ‘n direkte verantwoordelikheid het om te verseker dat die oogmerke van die Wet op Openbare Verkryging, nie ondermyn word deur korrupsie, onbillike voorkeur van sommige tenders oor ander, en ander onreëlmatighede nie. Amnics Trading se eienaar Shapwa Kanyama het bevestig dat sy maatskappy net drie permanente werknemers het.