Drie mans verkrag blykbaar manlike ryloper op Karibib

Die Namibiese polisie sê ‘n saak van verkragting is op Karibib hangende gemaak na ‘n 28-jarige man deur drie mans verkrag is. Dit het volgens die mag laat Woensdagnag naby die padblokkade perseel op die B2 plaasgevind. Die slagoffer was saam met twee vriende in die Usab-nedersetting en het by die padblokkade perseel gaan staan om ‘n saamrygeleentheid huis toe te kry. Drie mans het hom genader, aangerand en verkrag. Hulle het ook weggekom met sy selfoon, 300 Namibiese dollar in kontant, 40 dollar se lugtyd-koopbewys en sy sandale. Die polisie sê daar is geen leidrade nie.