ANC in ‘n koalisie? Wat gebeur met die rand?

Peilings in die buurland toon dat die ANC sal sukkel om ‘n volstrekte meerderheid in November se verkiesings te behaal en moontlik koalisies sal moet vorm. In die verband het die EFF se naam na vore gekom. Daar is kommer omdat koalisies nie ‘n goeie reputasie het nie en dit kan ‘n wesenlike impak op die Suid-Afrikaanse rand en dus die Namibiese dollar hê. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by ekonoom Salomo Hei van High Economic Investment vir sy mening.