Drie mans tronk toe oor komplot om goewerneur van Michigan in 2020 te ontvoer

Drie mans wat skuldig bevind is aan ‘n gefnuikte komplot om die Gretchen Whitmer, die goewerneur van Michigan in 2020 te ontvoer, is tot tronkstraf gevonnis. Die drie is in Oktober deur ‘n jurie skuldig bevind op aanklagte van bende-lidmaatskap, vuurwapen-oortredings en die verskaffing van materiële ondersteuning vir terrorisme. Regter Thomas Wilson in die Jackson County-hof het ‘n minimum vonnis van tien jaar aan Joseph Morrison en 12 jaar aan sy skoonpa, Pete Musico, opgelê. Die derde man, Paul Bellar, is ‘n minimum van sewe jaar tronkstraf opgelê.