Zuma wil Ramaphosa privaat vervolg

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma wil President Cyril Ramaphosa nou ook privaat vervolg. Sy stigting het aangekondig die saak teen Ramaphosa sal op 19 Januarie volgende jaar in die Johannesburgse hooggeregshof begin. Volgens Zuma se stigting is Ramaphosa medepligtig aan beweerde misdade deur advokaat Billy Downer in Zuma se korrupsiesaak. Ramaphosa het glo niks gedoen nadat Zuma by hom  oor Downer gekla het nie. Zuma het reeds met privaat vervolging teen Downer begin oor die uitlek van sy mediese inligting. Zuma woon van vandag af die 55ste nasionale konferensie van die ANC by.