Bevorder Namibië as toeganklike, veilige en inspirerende reisbestemming

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging se wens vir die toerismesektor vir 2023 is om Namibië as ‘n toeganklike, veilige en inspirerende reisbestemming te bevorder. Namibië kan 190 942 buitelandse toeriste in die vierde kwartaal van 2022 verwag, ‘n toename van 26,6 persent vanaf die derde kwartaal, alhoewel die piekseisoen vir buitelandse toeriste eers verby is. Die landswye kamerbesetting van 45 persent is, is ‘n teken dat die toerisme-sektor ná die pandemie op ‘n goeie herstelpad is. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is tevrede met die jongste statistieke.