Drie kinders daagliks van 1 Januarie tot nou in SA vermoor

‘n Verslag van die internasionale nuusagentskap Al Jazeera het onthul dat altesaam 546 Suid-Afrikaanse kinders in die eerste ses maande van die jaar vermoor is. Dit beteken daar word gemiddeld elke dag drie kinders in die buurland vermoor. In die jongste geval is ‘n vierjarige meisie, Bokgabo Poo, ontvoer, verkrag en vermink. Die plaaslike verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Christine Muhigana, sê sulke hoë vlakke van kindermoorde behoort nie aanvaarbaar te wees nie. In meeste gevalle tot dusver vanjaar, is die kinders vermink en hul oorskot verbrand.