Etosha se paaie: Kabinet keur opknappingstrategie goed

Die Namibiese kabinet het die strategie vir die finansiering van die instandhouding van die paaie in Etosha Nasionale Park goedgekeur. Die strategie is deur die finansministerie en die van openbare ondernemings saamgestel. Die Padfonds-administrasie sal saam met die omgewingsministerie die strategie moet befonds om die paaie in die nasionale park op te knap en in stand te hou. Daar was onlangs klagtes op sosiale media met sommige voertuie wat erge skade opgedoen het met uitlaatstelsels, bande, vere en meer wat skade opgedoen het. Dit is nie bekend wanneer die herstelwerk sal begin nie.