Drie ekonome deel Nobelprys vir Ekonomie

Drie ekonome wat in Amerika gebaseer is, het vanjaar se Nobelprys vir Ekonomie gewen. David Card, Joshua Angrist en Guido Imbens is deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap as gesamentlike wenners aangewys. Hulle word vereer vir hulle baanbreker-navorsing wat die idee weerspreek dat die minimum loon veroorsaak dat minder werkers aangestel word, en dat immigrante in die werkplek lei tot laer lone vir plaaslike werkers. Die Kanadees-gebore Card kry die helfte van die prysgeld van 17 miljoen Namibiese dollar, terwyl die Israeli-Amerikaanse Joshua Angrist en Nederlander Imbens die ander helfte deel.