Stad Tshwane: Spaar water

Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op inwoners en ondernemings om daadwerklike veranderings aan te bring om water te bespaar sodat hulle nie na strenger beperkingsvlakke hoef te beweeg nie. Dit het ten doel om Rand Water te help om die reservoirs op voldoende vlakke te hou, om te verseker alle inwoners het toegang tot water tydens die hittegolf. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dit sal ook verseker dat water vir die Nooddienste beskikbaar is, indien hulle op brande moet reageer.