Drie Covid-sterfgevalle in Namibië aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in Rundu en Oshakati aangemeld het. Altesaam 119 nuwe gevalle is uit 853 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. Die nuwe gevalle sluit 14 gesondheidswerkers, vyf studente, en vier elk leerders en onderwysers in. Sewe pasiënte is in hospitale in drie streke opgeneem. Altesaam 33,1 persent van die teiken-bevolking van 60 persent is ten volle ingeënt. Die ministerie hou môremiddag ‘n mediakonferensie in die hoofstad in verband met Covid en MIV/vigs.