Drastiese afname in pryse laat boere waatlemoene vernietig

‘n Mark-agent vir City Deep Watermelon, Steve Michaels, sê die drastiese afname in waatlemoen-pryse het verskeie produsente daartoe gedwing om van hulle oeste te vernietig en vrugte in landerye terug te ploeg. Die waatlemoen-voorraad by die Johannesburgse en Pretoriase varsprodukte-markte het tot meer as 80 000 toegeneem. Die prys vir ‘n waatlemoen wissel op die oomblik tussen 10 rand en 40 rand per waatlemoen. Produsente sê dié pryse maak dit nie vir hulle die moeite werd om waatlemoene na markte te vervoer nie, omdat die vervoerkoste te hoog is.